Welkom by Spa Maria
Ontspan en Hernu
Ons glo dat gesondheid, geluk en saligheid intrinsiek verbind is met skoonheid. ‘n Holistiese en Bybelse benadering kombineer die beste tegnieke en tegnologie met natuurlike, hoë kwaliteit produkte om beide die liggaam en die gees te voed. Ons is toegewyd om ‘n strelende omgewing te skep waar jy die gejaag en gewoel van die lewe vir ‘n wyle kan ontsnap en jouself geheel en al in saligheid dompel. Welgeluksalig…
Spa Maria & Maria Koffie
Openingsure
Maandag 08:00 – 18:00
Dinsdag 08:00 – 18:00
Woensdag 08:00 – 18:00
Donderdag 08:00 – 18:00
Vrydag 08:00 – 18:00
Saterdag 09:00 – 18:00

Ervaar die seën van wel wees
Spa Maria Behandelings

Masseer Terapie
Ons holistiese benadering kombineer wêreldgehalte tegnieke en tegnologie met natuurlike, hoë kwaliteit produkte om beide liggaam en gees te voed. Limfdreinering en Fascia mobiliteit word gestimuleer deur spesifieke metodes, bv. Lyno terapie.

Gesigbehandelings
Elke persoon se vel is 'n ekostelsel van unieke mikrobes en voordelige bakterieë. Esse produkte is wêreldleiers op die gebied van die wetenskap van die mikorobioom-balans en herstel van die vel se natuurlike ekologie. Kalahari produkte bied weer natuurlike vrugtesure en ensieme vir professionele velskilfering (chemical peel).

Lyfbehandelings
Lipolaser vir halstarrige gewigsverlies, EMS (elektromagnetiese stimulasie vir lyf, gesig, limf en dye). Infrarooi sauna dome of bedekking in 3 fases - bolyf, middellyf of onderlyf - word gebruik saam met wraps en ongelooflike effektiewe detox olie vir limfdreinering en wegruim van toksienes.

Haarverwydering
Warm of koue waks vir bene, onderarms en bikini haarverwydering met pre- en post waks produkte vir voorsorg en nasorg.
Laser haarverwydering is ook beskikbaar.

Manikuur en Pedikuur
EVO gel vir naels deur BIO SCULPTURE is geformuleer volgens die nuutste tegnologie tans beskikbaar. Dit is 'n suiwer gel wat die essensiële balans van suurstof en waterdamp in die naelbed behou. EVO benodig minimale opvryf en bied moeitelose verwydering, waardeur gesonde, natuurlike naels bevorder word.

Hare en grimering
Ons toegeruste haarsalon en grimeerarea is beskikbaar vir bruide of funksiegaste wat hulle eie konsultante wil bring of ons stiliste en grimeerkunstenaar wil gebruik.
Kontak ons vir meer inligting.
Kalmte en Sorgsaamheid
Pryslys Uittreksel
Ons holistiese benadering kombineer die beste tegnologie met natuurlike, hoe kwaliteit produkte om beide liggaam en siel te voed. Ons is toegewyd om ‘n omgewing te skep waar jy vrede kan ervaar met die vlaktes wat oop voor jou le of die bome wat jou gedagtes tot rus laat kom.
AHA+ chemipeel

Gekonsentreerde BHA (beta hydroxy acid) en AHA (alpha hydroxy acid) is 'n gevorderde verjongende behandeling om selvernuwing te stimuleer. Dit laat die vel helder en glad lyk. Geskik vir alle veltipes.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
D-AGE chemipeel

Met amandelsuur en alfa-hidroksiesuur teiken hierdie behandeling hiperpigmentasie en help met probleemveltipes. Hierdie behandeling sal help met die voorkoms van vergrote porieë en fyn lyntjies en plooie, wat die vel glad en stralend laat.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
TCA 8% chemipeel

TCA is 'n medium sterkte chemiese afskilfering wat die vel vernuwe deur dooie oppervlakvelselle te verwyder. Hierdie behandeling help met die voorkoms van vergrote porieë, aknee littekens en hiperpigmentasie.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
TCA 12% chemipeel

TCA is 'n hoër sterkte chemiese afskilfering wat die vel vernuwe deur dooie oppervlakvelselle te verwyder. Hierdie behandeling help met die voorkoms van vergrote porieë, aknee littekens en hiperpigmentasie.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
Permatint Wimpers

Slegs wimpers (lashes), geen wenkbroue. Kleure om van te kies: swart, donkerbruin, ligbruin of rooibruin.
Tydsduur: 00:30
Koste: R 85
Permatint Wenkbroue

Slegs kleur, geen vorming. Kleure om van te kies: swart, donkerbruin, ligbruin, rooibruin.
Tydsduur: 00:30
Koste: R 85
Permatint + Vorm Wenkbroue en Wimpers

Kleur en pluk of waks. Kleure om van te kies: swart, donkerbruin, ligbruin of rooibruin. Terapeut sal bevestig by klient wat haar voorkeur is vir wenkbrou vorm.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 200
Naels: Manikuur Basies + Evo Gel Overlay

Naels - skoonmaak en vyl, cuticles en Biosculpture Evo gel
Tydsduur: 01:30
Koste: R 350
Manikuur (Classic plus Evo Gel)

Scrub, handmassering, cuticles, Biosculpture Evo gel naels en handbevogtiger.
Tydsduur: 01:30
Koste: R 450
Pedikuur (Basic plus Evo gel overlay)

Toonnaels - skoonmaak en vyl, cuticles en Biosculpture Evo gel
Tydsduur: 01:30
Koste: R 350
Pedikuur (Classic plus Evo gel)

Hakke skuur, toonnaels skoonmaak en vyl, cuticles, ligte voetmassering, Biosculpture Evo gel en bevogtiger.
Tydsduur: 01:30
Koste: R 450
Manikuur Gemini (Classic plus Polish)

Naels skoonmaak en vyl, cuticles, ligte handmassering, kleur politoer en bevogtiger.
Tydsduur: 00:45
Koste: R 250
Manikuur Gemini (Basic plus Polish)

Naels skoonmaak en vyl, cuticles, kleurpolitoer en bevogtiger.
Tydsduur: 00:45
Koste: R 230
Manikuur Gemini (Nail polish application only)

Slegs naelpolitoer, geen cuticle werk
Tydsduur: 00:15
Koste: R 130
Pedikuur Gemini (Classic plus Polish)

Toonnaels skoonmaak en vyl, cuticles, hakke skuur, ligte voetmassering, naelpolitoer en bevogtiger
Tydsduur: 01:00
Koste: R 300
Pedikuur (basic plus polish)

Toonnaels skoonmaak en vyl, cuticles en kleur politoer
Tydsduur: 00:45
Koste: R 250
Ons verbintenis tot Kwaliteit
Ons Kundiges en Terapeute

Anette van Heerden
Terapeut - BSc Biokinetika, Lyno Method, NEPPE, APPY Pilates,

Andriette Jacobs
Barista en Koffiewinkel Bestuurder

Sandra Esterhuysen
Terapeut

Magdeleen Oosthuizen
Terapeut (Spa bestuuder)
Lipolaser, ultrasoniese klank, hoë frekwensie, radiofrekwensie en vakuumsuig (vacume suction) masjiene word gebruik. Elektromagnetiese stimulasie en sauna tonnel vir limfdreinering en spiertonus. Ons terapeute is opgelei deur die voorste inrigtings op die gebied van skoonheidstegnologie – somatologie, anatomie en die samestelling en mikrobioom van die mens se vel, bv. Isa Carstens Akademie.
Die natuurlike, meestal organiese bestanddele in die produkte wat ons gebruik, is van hoogstaande gehalte en spesifiek geformuleer om die natuurlike werking van die vel en liggaam te ondersteun en bevorder, bv. Esse, Kalahari, Liposculpt, Bioscultpure, ens.

Selluliet en Vetsmelt behandeling
Lipolaser met Liposculpt termiese gel en detoksroom vir vetsmelt behandeling. Dit ondersteun en verhoog die liggaamsprosesse met die afbreek en metabolisme van subkutaniese vetselle, asook die vrystelling van toksiene in die bloedstroom, sodat dit uitgeskei kan word. Liposculpt produkte is neutrikosmetiese oplossings, wat bestaan uit doelgerigte formulasies van kruie-ekstrakte, aromaterapie olies en biotegnologie vir gewigsverlies, sellulietvermindering en verhoging van metabolisme.

Gesigbehandelings (Facials)
Gespesialiseerde gesigsbehandelings met, onder andere, hoë frekwensie vir epidermis behandeling, radiofrekwensie vir diep hipodermis behandeling, osoonterapie vir aknee-behandeling en mikro-elektriese stroom (micro current) vir verbeterde bloedsomloop en stimulering van selvernuwing en spiertonus van die gesig om plooie, fyn lyntjies en voorkoms te verbeter.

Masseerterapie
Holistiese gesondheid is ons fokus en passie. Daarom is ons masseersessies gerig daarop om limfdreinering en liggaamsfascia te stimuleer. Sodoende word pyn en styfheid in spiere en gewrigte verlig of selfs heeltemal weggeneem - soms tydelik, soms permanent, afhangend van die oorsaak. Lyno terapie is 'n nuwe komplimentêre gesondheidsmetode wat areas in die liggaam identifiseer waar fisiese en emosionele trauma veroorsaak dat mobiliteit van die fascia beperk word, en kroniese pyn of herhaalde besering tot gevolg het. Die Lyno metode kombineer sagte druk en diep asemhaling met aktiewe beweging en strekoefeninge om die parasimpatiese senuweestelsel te aktiveer.
Tegnologie, Natuur en Wetenskap
Produkte vir huis en persoonlike sorg
Dieet en produkte wat ons in en om die huis en vir persoonlike sorg gebruik, is baie belangrik in ‘n holistiese benadering tot gesondheid.
Daarom verkoop ons ‘n paar produkte in ons winkel en spa wat natuurlik, organies en nie-toksies is. Earthsap huishoudelike produkte bevat geen petrochemikalië nie, is bio-afbreekbaar en nie skadelik vir ons omgewing nie.
Hampstead tee word bio-dinamies verbou en bestaan uit die fisiese kruie en speserye waarvan dit gemeng is (nie geurmiddels of selfs net die olies nie). Dit bevat ook geen plastiek nie en is volkome komposvriendelik, ook die houers, omhulsels en teesakkies is geproduseer uit plantmateriaal.

Hampstead Tee
English breakfast, Earl Grey, Assam, verskeie kruie en speserye, geen plastiek

Plastiekvrye kougom
Xylitol, Stevia, plantgebaseer geen plastiek, geen aspartaam

Lyf en Helingsroom
Shea botter, Klapperolie, Olyfolie, geen petrochemikalië

Atlantiese/Keltiese See sout
Grys, Songedroog op die Keltiese kus, Mosterdbad

Reinigers - Kombuis en Badkamer
Skottelgoedseep, Algemeen, Dreine en Septiese tenks,

Reinigers - Meubels en Matte
Troeteldiermerke en -reuke, Stofferingmerke

Reinigers - Lyf, Hande en Hare
Stortseep, Handeseep, Sjampoe en Opknappers

Reinigers - Klere en Linne
Wasgoedpoeier, Vloeibare seep, Vlekverwydering, Reukverwydering
Stuur 'n boodskap
Vul die vorm in
Vind ons hier
Kontak ons

E-pos
spa@spa-maria.co.za
mstoman@diamantvallei.co.za

Adres
Diamantvallei Landgoed
Rayton, Pretoria-Oos

Telefoon
072 456 5937
068 573 2225

Akkommodasie
mariakoffie.co.za
diamantvallei.co.za
Terugvoer van Kliente
Resensies
Dankie vir ‘n baie spesiale ervaring

Alana Martina
Gelukkige KliëntPragtige uitsig, heerlike koffie, uitstekende diens

Julie
Happy CustomerLovely place. So peaceful and spacious.
