072 456 5937 spa@spa-maria.co.za
Diamantvallei Landgoed, Rayton, Pretoria-Oos

Masjienbehandelings

Galvanic Facial

In galvaniese velbehandeling help ‘n direkte galvaniese elektriese stroom om wateroplosbare stowwe of aktiewe bestanddele  diep in die vel in te dring. Hier kan die bestandele beter ingeneem word deur die vel en die funksie van die aktiewe bestanddele kan dan beter werk. Dit voed die vel en verhoog die toevoer van suurstof, wat die vel laat vernuwe en vog in die vel verhoog vir ‘n jonger voorkoms. Die vel se absorpsievermoë verbeter en verhoog sodoende die versperringsfunksie daarvan (skin barrier). Die versperringsfunksie van die vel is die liggaam se primêre beskerming teen dehidrasie, wat irritasie en veroudering veroorsaak. Dit bied ook beskerming teen UV strale sowel as allergene en bakterieë, wat siektes of irritasie kan veroorsaak en afbreuk doen aan die voorkoms van die vel.

HF (High Frequency) Facial

Fyn lyntjies en plooie: Hoë frekwensie behandeling kan elastienproduksie stimuleer, wat lei tot ‘n stewiger vel. Hoë frekwensie stroom help om die produksie van kollageen en elastien te stimuleer om die voorkoms Highvan fyn lyntjies te verminder en plooie glad te maak. Dit laat die vel jeugdiger lyk en verhelder die gelaat. Aknee: Hoë frekwensie gesigsbehandelings kan help om inflammasie te verminder en bloedvloei te bevorder, wat help om onsuiwerhede weg te ruim. Dit help ook om die voorkoms van aknee littekens en letsels op jou vel te verminder en die aanvang van nuwe aknee te voorkom.Hoë frekwensie stroom produseer ‘n sagte inspuiting van suurstofmolekules wat diep binnedring in die areas wat deur bakterieë geraak word en enige aknee-veroorsakende bakterieë doodmaak.

RF (Radio Frequency) Facial

Radiofrekwensie (RF) terapie is ‘n nie-chirurgiese metode om die vel styf te trek. Dit behels die gebruik van energiegolwe om die diep laag van jou vel bekend as die dermis, te verhit. Hierdie hitte stimuleer die produksie van kollageen en elastien deur die fibroblast selle te stimuleer. Radiofrekwensie help vir die volgende:
  • Verbeter velkleur, tekstuur en fermheid.
  • Verminder die voorkoms van sonskade.
  • Bied ‘n meer jeugdige voorkoms.
  • Verminder die gevolge van verouderende vel soos plooie, fyn lyntjies en uitgerekte vel.

Microcurrent Facial

Mikrostroom terapie werk deur sagte, laespanning elektriese stroom toe te pas wat die liggaam se natuurlike elektriese seine naboots. Hierdie stroom stimuleer die gesigsenuwees, wat subtiele spiersametrekkings veroorsaak wat help om spiertonus te verbeter en die vel lig en styf trek. Anders as Botox, wat spiere verlam deur senuweeseine te blokkeer, werk mikrostroom om spiere te aktiveer en te oefen terwyl natuurlike beweging behoue bly. Studies het getoon dat mikrostroom ook adenosientrifosfaat (ATP) verhoog – die kragstasiemolekule wat jou selle vir energie gebruik. Meer ATP beteken meer brandstof vir jou selle, wat lei tot ‘n produksiehupstoot in kollageen en elastien.

Ultrasonic Facial

‘n Ultrasoniese gesig behandeling help om kollageen te stimuleer. Dit kan ook die volgende voordele insluit:
  • Maak plooie glad.
  • Verbeter velelastisiteit.
  • Verminder die voorkoms van “jowls”.
  • Lig hangende ooglede of wenkbroue op.
  • Trek dekolleté styf.
Tydens ‘n ultrasoniese gesig behandeling, word hoë vlak klankgolftegnologie gebruik om diep onder die oppervlak van die vel te penetreer wat sellulêre  vernuwing bevorder. Ultrasoniese behandeling verhoog deurlaatbaarheid van die selmembraan, wat lei tot beter velsorgprodukpenetrasie in die dieper lae van die vel. Die behandeling help om limf dreinering te verbeter, verklein groot porieë, skilfer die vel liggies af, verbeter die voorkoms van pofferigheid onder die oë, verbeter vel tekstuur en verhelder die gelaat.