072 456 5937 spa@spa-maria.co.za
Diamantvallei Landgoed, Rayton, Pretoria-Oos

Ons Storie

Ons Storie

Spa Maria

Na 22 jaar in Engeland, is ons terug in ons hartland en is ons begeesterd om ons mense te dien op ‘n wyse wat nie net die liggaam nie, maar ook die siel aanraak. Ons glo dat die Skepper van hemel en aarde, wat elkeen van ons uniek na Sy beeld gevorm het, ook vir ons die metodes en bestanddele daargestel het om ons te versorg en te laaf na liggaam en siel. Alles wat ons nodig het daarvoor is beskikbaar in die natuur as ons dit reg bestuur en aanwend. Dit is ons missie om elkeen wat ons pad kruis, te herinner aan Jesus se woorde: “my juk is sag en my las is lig”.

Gesels met 'n kundige of maak 'n afspraak

Skakel ons telefonies of stuur ‘n boodskap om ‘n afspraak temaak vir professionele behandeling of advies. Magdeleen is ‘n opgeleide somatoloog en is ‘n kundige op die gebied van holistiese, natuurlike velsorg.

E-pos

spa@spa-maria.co.za

Telefoon

072 456 5937