072 456 5937 spa@spa-maria.co.za
Diamantvallei Landgoed, Rayton, Pretoria-Oos

Anette van Heerden

Terapeut - BSc Biokinetika, Lyno Method, NEPPE, APPY Pilates,

Eienaar van “Movement is Freedom,” ‘n holistiese welstandsfilosofie toegewyd aan die transformasie van mense deur die wonder van beweging.  Met ‘n grondslag in biokinetika, het sy haar kundigheid verryk deur ‘n verskeidenheid terapeutiese en fiksheidstegnieke te bemeester, bv. die Lyno Method, New Era of Pregnancy and Postpartum Exercise (NEPPE) opleiding, en APPY Pilates instruksie, asook sport massering of herstel na sportbesering.

Haar missie is om mense te help om pyn vry te kan lewe en hulle mobiliteit te verbeter en daarom is sy passievol om die kompleksiteit van die menslike liggaam te verstaan. Buiten haar professionele lewe, geniet sy enige buitelug aktiwiteite, en vind sy inspirasie in die natuur om ook ander se lewenskwaliteit te verbeter. Indien jy fisiese ongemak of pyn ervaar of selfs net jou liggaamlike potensiaal maksimaal wil benut, sal Annette se holistiese benadering en entoesiasme vir natuurlike beweging vir jou ‘n wonderlike ervaring bied.