Masseerterapie
Ons holistiese benadering kombineer wêreldgehalte tegnieke en tegnologie met natuurlike, hoë kwaliteit produkte om beide liggaam en gees te voed. Limfdreinering en Fascia mobiliteit word gestimuleer deur spesifieke metodes, bv. Lyno terapie.
Holistiese gesondheid is ons fokus en passie. Daarom is ons masseersessies gerig daarop om limfdreinering en liggaamsfascia te stimuleer. Sodoende word pyn en styfheid in spiere en gewrigte verlig of selfs heeltemal weggeneem – soms tydelik, soms permanent, afhangend van die oorsaak.
Lyno terapie is ‘n nuwe komplimentêre gesondheidsmetode wat areas in die liggaam identifiseer waar fisiese en emosionele trauma veroorsaak dat mobiliteit van die fascia beperk word, en kroniese pyn of herhaalde besering tot gevolg het. Die Lyno metode kombineer sagte druk en diep asemhaling met aktiewe beweging en strekoefeninge om die parasimpatiese senuweestelsel te aktiveer.
Vollyf Sweeds

Sweedse massering is 'n ontspannende massering wat bewegings soos tapotement, knie, wring en petrissage insluit. Die fokus is gewoonlik op oppervlakkige lae soos sagte weefsel. Rustige, strelende musiek word gebruik. Ideaal vir stresverligting.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 500
Vollyf Diep Spier

Diepweefselmassering bied beide fisiese en fisiologiese voordele. Die fokus is op spierweefsel om spierspasmas vry te stel en die spiere te ontspan. Dieper druk word op die area toegepas en minder streelbewegings word gebruik in vergelyking met Sweedse massering.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 560
Vollyf Hawaiis

Hawaiise massering gebruik lang streelbewegings saam met verskeie strekke van arms en bene. Daar is geen vasgestelde volgorde vir die massering nie en die terapeut sal haar hande, arms en elmboë gebruik om vloeiende bewegings te skep. Meer energieke musiek word gebruik, en die kliënt is bedek met 'n sarong.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 500
Voete Refleksologie

Gebaseer op die teorie dat senuwee eindpunte lei na alle dele van die liggaam en dus ooreenstem met en op areas van die voete gekarteer kan word. Hierdie is n ontspannende behandeling vir stresverligting, maar ook help met rugpyn of hoofpyn.
Tydsduur: 00:45
Koste: R 300
Rug, Nek, Skouers

'n Kombinasie van druk, trek en lang haal bewegings om gespannenheid en spierspasma in die bo-torso te verwyder. Dit kan moontlik help met spanningshoofpyne en spierpyn in die rug, nek of skouers.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 450
Biokinetikus Evaluasie

Identifisering en graadbepaling van liggaamlike beserings en afwykings wat pyn en ongemak veroorsaak. 'n Holistiese benadering word gevolg deur 'n gekwalifiseerde Biokinetikus en sluit ook dieet aanbevelings en ander oefeninge in. Hierdie diens is beskikbaar vir aanlyn bespreking, maar is onderhewig aan bevestiging van beskikbaarheid van die terapeut en u mag dalk 'n alternatiewe tydgleuf aangebied word.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 500
Lyno Metode Evaluasie

Identifisering van areas in die liggaam waar fisiese en emosionele trauma veroorsaak dat mobiliteit van die fascia beperk word, en kroniese pyn of herhaalde besering tot gevolg het. 'n Holistiese benadering word gevolg deur 'n gekwalifiseerde Lyno terapeut en sluit ook dieet aanbevelings en ander oefeninge in. Hierdie diens is beskikbaar vir aanlyn bespreking, maar is onderhewig aan bevestiging van beskikbaarheid van die terapeut en u mag dalk 'n alternatiewe tydgleuf aangebied word.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 500
Lyno Metode Terapie sessie

Asemhaling, strekoefeninge en ander bewegings soos bepaal deur die aanvanklike evaluasiesessie en uitgewerk deur 'n gekwalifiseerde Lyno terapeut vir die verligting of genesing van kroniese pyn of beserings. Hierdie sessie is beskikbaar vir aanlyn bespreking, maar is onderhewig aan bevestiging van beskikbaarheid van die terapeut en u mag dalk 'n alternatiewe tydgleuf aangebied word.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 500
Een tot Een Terapie Sessie

Behandeling, oefeninge en aanbevelings soos bepaal deur die aanvanklike evalueringsessie van liggaamlike beserings en afwykings wat pyn en ongemak veroorsaak. 'n Holistiese benadering word gevolg deur 'n gekwalifiseerde Biokinetikus en sluit ook dieet aanbevelings en ander oefeninge in. Hierdie diens is beskikbaar vir aanlyn bespreking, maar is onderhewig aan bevestiging van beskikbaarheid van die terapeut en u mag dalk 'n alternatiewe tydgleuf aangebied word.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 400
Sport Massering

Gekwalifiseerde biokinetikus verskaf gefokusde, toepaslike diens aan sportmense vir voor of na deelname aan sport of ter verligting/herstel van sportbeserings. Hierdie sessie is beskikbaar vir aanlyn bespreking, maar is onderhewig aan beskikbaarheid van die terapeut en u mag dalk 'n alternatiewe tydgleuf aangebied word.
Tydsduur: 00:45
Koste: R 300
Vet % Meting

Meting van vetpersentasie vir gewigsverlies aanbevelings asook ander gesondheidstoepassings.
Tydsduur: 00:30
Koste: R 100