Lipolaser en vakuumsuig vir halstarrige gewigsverlies (alternatief vir liposuction), EMS (elektromagnetiese stimulasie) om die vel fermer te maak op die lyf, gesig en dye en limfdreinering te stimuleer. Infrarooi sauna dome of bedekking in 3 fases – bolyf, middellyf of onderlyf – word gebruik saam met wraps en ongelooflike effektiewe detox olie vir limfdreinering en wegruim van toksienes.
Laser lipolise (lipolysis) is ‘n liggaamskontoer prosedure. Dit gebruik laser energie om hitte te produseer in die vetlaag van die vel om oortollige vetselle te smelt van verskeie areas van die liggaam, bv.:
Abdomen
Rug en nek
Kuite
Heupe en agterstewe
Sye (“love handles”)
Dye
Bo-arms.
Ander name vir laser lipolise sluit in laser liposuction en liposculpture.
Tesame met gesonde eetgewoontes, sauna en wraps sal jy sentimeters verloor in ‘n kits.
Vollyf skilfering (exfoliation) – wrap plus kopmassering
Suiker scrub gevolg met n Kalahari botaniese masker en wrap. Kop massering ingesluit.