Gesigbehandelings
Spa Maria verskaf ‘n keuse van professionele, botaniese velsorg produkte wat jou sak pas sonder om te kompromiteer op kwaliteit en effektiwiteit.
Esse bied ‘n volhoubare oplossing in wetenskaplik bewese organiese biotegnologie. Die produkte skep ‘n omgewing op die vel wat natuurlike mikrobiese diversiteit toelaat om te floreer. Probiotika en prebiotika in organiese formulasie help om die balans te herstel in ‘n proses wat genoem word “rewilding”. Die resultaat is ‘n jeugdiger en gesonde voorkoms.
Probiotika versterk die versperringsfunksie van die vel wat die liggaam beskerm teen patogene. Dit ondersteun die imuunsisteem deur blootstelling aan onnodige gesondheidsrisikos te verminder. Daarby help dit die vel om skadelike partikels te herken en nie te reageer op iets wat skadeloos is nie – dit veroorsaak inflammasie wat selveroudering versnel.
Die K-Phyto ceutical velsorgreeks van Franck Global (ook vervaardigers van die Kalahari Body and Spa range) is gebaseer op plant bestanddele en wetenskaplike navorsing en tegnologie. Hierdie phyto-effektiewe reeks fokus op die herstelproses van die vel om ‘n volledige funksionele en gesonde toestand te weeg te bring, deur die vermindering van dermale inflammasie en die verbetering van die vel se hidrolipied versperring (skin barrier). Dit is doelgerigte behandeling vir alle veltoestande.
CF Ceuticals is Franck Global se pro-estetika behandelings reeks, gebaseer op die nuutste retinol in hoogs effektiewe formulasie. Dit bevat die nuutste sensoriese tegnologie en is geskik vir alle fototipes en veltoestande. Spesiaal vir professionele somatologie praktyke en skoonheidsterapeute.
Esse Experience

'n 60-minute behandeling wat die krag van pre- en postbiotika aanwend, aangepas om die klient se spesifieke velsorgdilemmas en toestand aan te spreek.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 795
Esse Express

Volledig pasgemaakte 30 minute behandeling met die bedoeling om uitstaande resultate in 'n kort tydjie te bereik.
Tydsduur: 00:30
Koste: R 450
Esse Live Probiotic

'n Wereldklas standaard 75-minute lewende probiotika ervaring wat velsorg tot 'n hoër vlak neem, met die insluiting van uitgebreide gesigsmassering om die resultate van behandeling te verhoog.
Tydsduur: 01:15
Koste: R 995
KP Honeybush facial

K Phyto Honeybush - 'n Basiese gesigbehandeling om gedehidreerde vel te voed en bevogtig. Met natuurlike plant ekstrakte wat antioksidante bevat, word die vel versterk en hernu vir 'n gesonder, jeugdiger voorkoms. Ideaal vir 'n eerste behandeling.
Tydsduur: 00:30
Koste: R 330
KP Vitamin C facial

K Phyto Vitamien C antioksidantryke behandeling om velgesondheid te verbeter. Hierdie behandeling is propvol natuurlike vitamien C. Dit is 'n fitoryke behandeling om die velversperring (skin barrier) te versterk, kollageen te verhoog en sonskade sowel as fyn lyntjies en plooie te verbeter. Hierdie behandeling is geskik vir alle veltipes
Tydsduur: 00:45
Koste: R 450
KP Lipid rich facial

K Phyto Lipid ultra-hidrerende behandeling met voedende plantlipiede, voedingstowwe en antioksidante. Hierdie behandeling sluit 'n sagte massering met ryk botaniese bestanddele in om die vel se hidrolipiedversperring te herstel of versterk.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 500
KP Vitagel facial

KPhyto Vitagel gesigbehandeling, geformuleer met alfa-hidroksiesure (AHA) en beta-hidroksiesure (BHA) saam met plantpeptiede en hyaluronsuur. Hierdie behandeling help met selverjonging sowel as kollageenproduksie stimulasie. Dit laat die vel goed bevogtig, gevoed, elasties en glad voel.
Tydsduur: 00:45
Koste: R 450
AHA+ chemipeel

Gekonsentreerde BHA (beta hydroxy acid) en AHA (alpha hydroxy acid) is 'n gevorderde verjongende behandeling om selvernuwing te stimuleer. Dit laat die vel helder en glad lyk. Geskik vir alle veltipes.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
D-AGE chemipeel

Met amandelsuur en alfa-hidroksiesuur teiken hierdie behandeling hiperpigmentasie en help met probleemveltipes. Hierdie behandeling sal help met die voorkoms van vergrote porieë en fyn lyntjies en plooie, wat die vel glad en stralend laat.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
TCA 8% chemipeel

TCA is 'n medium sterkte chemiese afskilfering wat die vel vernuwe deur dooie oppervlakvelselle te verwyder. Hierdie behandeling help met die voorkoms van vergrote porieë, aknee littekens en hiperpigmentasie.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760
TCA 12% chemipeel

TCA is 'n hoër sterkte chemiese afskilfering wat die vel vernuwe deur dooie oppervlakvelselle te verwyder. Hierdie behandeling help met die voorkoms van vergrote porieë, aknee littekens en hiperpigmentasie.
Tydsduur: 01:00
Koste: R 760