072 456 5937 spa@spa-maria.co.za
Diamantvallei Landgoed, Rayton, Pretoria-Oos

Microneedling gesigbehandeling

MicroneedlingMicroneedling,  ook bekend as kollageen induksie behandeling met die doel om kollageen in die vel te stimuleer vir ‘n verjongende voorkoms.

Tydens ‘n microneedling sessie sal ‘n professionele persoon ‘n toestel gebruik wat toegerus is met fyn naaldjies. Die toestel word met presisie oor die vel laat gly om klein mikrokanale te skep. Alhoewel dit dalk intens klink, word die prosedure oor die algemeen goed verdra, en die mikrokanale genees vinnig.

Die prosedure neem gewoonlik ‘n uur, afhangende van die behandelingsarea, en die hersteltyd is minimaal. Die meeste mense ervaar rooiheid en effense irritasie soortgelyk aan ‘n ligte sonbrand, wat gewoonlik binne ‘n paar uur tot ‘n dag bedaar.

Microneedling word voorgestel vir diegene wat fyn lyntjies en plooie wil behandel asook ou aknee merke. Microneeling help om  aktiewe bestandele beter te absorbeer deur die vel asook die vel se tekstuur te verbeter deur kollageen te stimuleer.

Konsultasie met n terapeut sal vooraf gedoen word om seker te maak die kliënt se vel is geskik vir die behandeling.

 

Mikronaalde (Microneedling)

Microneedling is 'n minimaal indringende prosedure met mikronaaldjies op die heel boonste lagie van die vel vir kollageen induksie. Dit stimuleer die vel se eie genesingsreaksie, dus, verhoogde kollageen, verbeterde voorkoms van littekens en ander merke. Dit help ook om aktiewe bestanddele diep in die vel te laat binnedring. Hierdie behandeling is ideaal vir verouderde of volwasse vel of post-aknee littekens.

Tydsduur: 01:00

Koste: R 1,450